ZELI & FRED |botanical gardens engagement sessionDecember 9, 2013

posted in Couple Photoshoot, E-shoots

Zeli & Fred have officially set the date for their wedding next year and for their engagement photoshoot we spent some time at the botanical gardens. These two are incredible together – fun, down-to-earth and a match made to last :)
A big thank you goes out to Merci Flowers and Gifts that provided us with the lovely flower crown & my very helpful assistant for the day, Chanique Fourie.

Here’s a little something that Zeli & Fred sent me for this blogpost:

TWEE KANTE VAN DIESELFDE MUNT

Zeli is vuurig en vinnig.
Fred is geduldig en dierbaar.
Zeli lag hard en hou van mooi goed (Spesifiek gordyne en beddegoed, waaroor Fred hard lag).
Fred glimlag met blink oë en hou van sy Landi, kamp, gebreekde elektroniese toestelle en die plaas.
Zeli is lief vir Kouli, haar Yorkie.
Fred is lief vir Reddit en musiek. (En vir Kouli so effens).
Saam het ons persoonlikhede en belangstellings vir nuwe blootstellings en ervarings gesorg,
en die materiaal wat die muntstuk se twee kante een maak, gevorm.
Saam sien ons, ons hang eerder oor die boot se rand met duikbrille en word seesiek, as om in die water te klim om te snorkel.
Saam kan ons ure oor ons toekomsdrome praat.
Saam kan ons kos maak en koffie drink.
Saam verken ons nuwe plekke in ons land.
Saam is ons nou lief vir twee families.
Saam doen ons alles, deel ons alles.
Na 4 jaar saam, is ons nou amper een munt sowaar!